Wat is Rebound?

Rebound is spring op ‘n mini-trampoline.

NASA het gevind dat rebounding jou hele lyf laat oefen sonder om ekstra druk op jou bene en voete te sit. Dit verbeter jou suurstof inname met tot 68% meer as hardloop as gevolg van die “G-Force” toename. Dit bevoordeel die liggaam meer as enige ander vorm van oefen as gevolg van die vorming van nuwe selle wat weer bydrae tot algehele gesondheid.

Nota: daar is ‘n verskil tussen ‘n mini-trampoline en ‘n rebounder. Kontak ons vir meer inligting oor dit.

Hoe gebruik Leefstyl Studio Rebounding tot hul voordeel?

  • Klas formaat
  • Op die ritme van musiek
  • Gekombineer met Pilates
  • “Health Bounce” klasse gekombineer met gewigte
  • Hoë Intensiteit klasse wat help met fiksheid

Voordele van Rebounding

  • Limfdreinering – dit maak die liggaam skoon
  • Verbeter metabolisme
  • Verbeter gemoed omdat dit Serotonien vrystel
  • Verminder Selluliet
  • Verkom en beheer Diabetes
  • Versterk en help om maagspiere platter te maak
  • Anti-inflammatoriese voordele, omdat dit help met bloedsomloop en limfdreinering
  • Verbeter selfbeeld – as jy goed voel, voel jy sommer klaar fisies beter en gesonder
  • Help met konsentrasie
  • Verlaag bloeddruk
  • Verbeter immuunsisteem
  • Hoër energievlakke
  • Versterk en vorm nuwe selle wat bydra tot sterker spiere, verbeterde sig, gehoor en gesonder hart
  • Verbeter beendigtheid
  • Maak jou lyf ferm en sterk
  • Kan help met sinus, hardlywigheid en allergieë
  • Help met langdurige gesondheid in jou lyf
  • Verminder “cravings”
  • Verbeterde liggaamsbeswustheid
  • Verbeter koördinasie
  • Verbeter jou Vestibulêre sisteem: dit is ‘n sensoriese deel in die brein wat inligting oor jou posisie en spasie kommunikeer na die brein. Dit help met motoriese funksies soos balans en beweging. Hierdie voordeel is baie belangrik by kinders en help met konsentrasie. Rebound vir kinders is ook beskikbaar. Kyk gerus na die Bounce Kids inligting.

Rebounders te koop