Wat is Pilates?

Pilates is ‘n oefenprogram wat deur Joseph Pilates ontwikkel is in die vroeë 20ste eeu. Hy het dit oorspronklik “Contrology” genoem.

Belangrike aspekte van Pilates sluit in asemhaling, konsentrasie, beheer, balans, beweeg van middel na buite, vloeiende bewegings, korrekte postuur, presisie, ontspanning en stamina.

Hoe verskil dit van yoga?

Daar is baie bewegings wat ooreenstem in Pilates en Yoga, maar Yoga fokus meer op soepelheid en Pilates op versterking van die liggaam se “core”.