Wat is Bounce?

Bounce is nie net spring nie!

Daar is oneindig baie voordele daaraan. Die program is Pilates en cardio op ‘n mini-trampoline op die ritme van musiek. Deur speel en musiek beweeg die kinders en kry hul 20-25 minute se oefen in.

Die belangrikste voordele is die groot motoriese ontwikkeling wat gebeur terwyl die kind speel en dans. Dit help vir selfvertroue, omdat elke kind ongeag sy vermoë dit kan doen.

Pryse

Maand fooi: R200

Vul asb die registrasievorm hieronder in om aan te sluit: