'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees!
BEGIN VANDAG
Lees meer oor die klasse wat beskikbaar is
KOOP AANLYN
Besoek die winkel
So bietjie meer oor my
Ek is ‘n doodgewone vrou, 38 jaar oud met twee pragtige dogtertjies en ‘n man vir wie ek baie lief is. My gesin is my trots en ek is baie dankbaar vir wat ons het in mekaar.
My uitdagings is doodgewoon: ma-wees, vrou-wees, mens-wees in ‘n nuwe “normale” Covid wêreld waar finansiële en emosionele druk nog meer geraak het.
Hierdie doodgewone vrou is baie lief vir God, alles wat ek het en wie ek is, is genade. Hy is my redding en genesing. Ek glo gesondheid begin by jou verhouding met God.
My pad met Pilates het baie jare terug deur my ma begin. Sy het Lupus gehad en chroniese rugpyn. Sy het Pilates gedoen en het die gesondheidsvrugte daarvan gepluk. Haar pyn was beheerbaar en sy het sterker geraak.

Kliënte terugvoer

Om ouer te word is nie vir sissies nie. Dit bekruip jou sonder dat jy dit agterkom. Jou siel en gees voel nog jonk en op en wakker. En dan een oggend word jy wakker en sukkel jou dinges af om uit die bed te kom en jy is vol pyne... Ek het op versoek van ‘n vriendin met Pilates begin. Ek is nie mal oor oefen nie en hou baie van eet. ‘n Besef het net by my opgekom dat as ek nog met grasie wil beweeg teen ek 60 is of 70 soos my moeder dan sal ek iets aan myself moet doen. Die begin dae van pilates was maar moeilik want ek het nou bewegings gedoen wat nie in my daaglikse aktiwiteite is nie en op ‘n stadium gedink ek het inwendige beserings van al die pyne. Maar ek het vasgebyt, en met die eerste keer wat ons meet na ‘n maand het ek 41cm verloor. Ek was in die wolke! Die gewig het nie beweeg nie maar ek kon agterkom dat ek weer bewegings kon doen wat ek mee gesukkel het. Ek staan makliker van ‘n stoel af op, ek klim makliker uit die bed, ek buk makliker en om die kinders op te tel is nie meer ‘n problem nie. Pilates laat my dink aan ‘n mikrogolf... dit versterk jou van die binnekant af. Al lyk dit nog nie van buite af of dit werk nie, voel ek hoe dit binne werk, ek voel sterker in my "core" en as jy sterker in jou lyf voel is jy automaties sterker in jou gees en gemoed. Omdat ons elke sessie iets anders doen word letterlik al die spiere in jou lyf geoefen, nie een word afgeskeep nie... glo my jy voel hulle altyd almal die volgende dag en dan weet jy dat jy hard gewerk het daarvoor. Pilates is iets wat jy soveel as moontlik in die week moet doen en dit moet deel word van jou lewensstyl want op die langeduur gaan dit jou soveel probleme en pyne spaar.

Gedurende April 2020 gesels ek en my dogter, Linzi oor oefen en die voordele daarvan. Ek het aan haar vertel dat ek moeilik opstaan uit ‘n stoel uit en Baie wankelrig loop as ek deur my tuin stap! Dadelik vertel sy my dat sy aan lyn oefen saam met Yolandi, verduidelik wat Pilates is, die voordele waarvan een Baie uitgestaan het: ek oefen in die privaatheid van my huis of spaarkamer ( hierdie is nou tydens “ lockdown “) ek was dadelik geprikkel en opgewonde om te begin , met die vooruitsig dat ek op ouderdom 80 j nog self sal kan loop. Ek het vir Yolandi gekontak, my inskrywings geld oorbetaal en die 1ste Mei 2020 ingeval – lekker destress klas op ‘n Vrydag… ek het ‘n bal gewiggies en ‘n mat gekoop, elke maand iets sodat alles bekostigbaar is! Ek het al beter en beter begin voel, stadig maar seker het my lyf ook begin verander, ons moes ons self meet van tyd tot tyd… die laaste meet was 30 November 2020, 6 maande se oefen. Soms moes ek ‘n dag of twee oorslaan om te oefen, maar ek probeer nog steeds om 5 dae per week te oefen , na die laaste meet was ek oor my hele lyf 46cm kleiner!!! Verseker ‘n baie goeie rede om aan te hou oefen behalwe dat ek maklik opstaan, heerlik deur my tuin wandel… dit is ‘n voorreg om te kan beweeg en te oefen … ek is 69 j oud/jonk dankie Linzi dat jy my aan Pilates voorgestel het en laaste maar nie die minste nie… dankie Yolandi vir elke dag se lekker oefen ZOOM en ook op face book!!! Jy is ‘n ster en altyd besig om jouself ook te verbeter en op datum te hou en só ook vir ons altyd iets nuuts te bring… dit hou die oefen vars en lekker en nou met die pynigende rekke (grappie…)

Ek moet bieg vandag! Ek het in 2 maande net 2 keer geoefen en het soos 'n oumens gevoel. My bene het gepyn en my knieë was styf. Ek't sleg geslaap en was nie lekker in my lyf nie. Na 1 oefensessie (al is ek styf) voel ek wonderlik, ek kan loop en beweeg! Het soos 'n baba geslaap en kan nie wag vir my volgende klas nie! Gun dit vir jouself!! Ek gaan nou selfsugtig raak oor my uur op 'n dag! Dankie Yolandi!

Pilates is vir almal: jonk en oud! Rebounding is fun én goed vir jou lyf. As jy nog nie deel is van Wollies se pilates groep nie, mis jy uit op ñ gesonde liggaam en gees! Dankie Yolandi - jy's awesome!!

Geniet dit baie. Dankie vir al jou moeite Yolandi. Wens alle oef kon so lekker gewees het.

Dit is baie lekker, dankie dat jy dit vir ons aanbied.